Thursday, 2 August 2012

Vir meer inligting...

Kontak gerus vir Chrizulene van Niekerk by 0828736889 of stuur 'n epos aan park48@telkomsa.net / big2townfestival@gmail.com

Wicus van der Merwe

Willem Jacobus van der Merwe, oftewel Wicus, soos ons hom ken, het op Clanwilliam grootgeword en woon deesdae op Malmesbury. Hy is die ontslape bobaasstorieverteller en humoris Tolla van der Merwe se oudste kind. Wicus het twee susters en ook ‘n broer. Wicus is getroud met René wat gebore is in Keetmanshoop en grootgeword het in Vredendal. Ná skool is Wicus vloot toe vir ‘n jaar vir sy diensplig en daarna Stellenbosch toe.

Wicus is verslaaf aan rook, maar probeer om elke dag op te hou. So een dag in die jaar word hy vir 24 uur ‘n perfeksionis en dan moet alles reg wees! Hy is snaaks, sonder dat hy dit besef, maar hy probeer nie soos sy pa te wees nie. Hy was ‘n sportiewe kind op skool en het rugby en tennis gespeel, geswem, in die koor gesing en toneel gespeel. Na skool wou hy eers joernalis word en toe ‘n Engelse onderwyser. Toe gaan studeer hy vir ‘n BA graad in Drama en Sielkunde aan die Universiteit van Stellebosch.

Wicus van der Merwe lewe in sonskyn. Sy lewenslied is immers Walking On Sunshine van Christina and the Waves. Hy is ‘n gebore humoris, ‘n man wat luimig leef en graag saam met vriende kuier. Hy vrek oor afval, maar wys eiervrug en roerbraaikonkoksies van die hand.
Wicus is vir die musiekroem bestem, want hy sing vir almal - jonk en oud. Die meisies loer en roer en die manne wikkel en woel instemmend saam.

Besoek gerus www.wicusvandermerwe.co.za

Emo Adams

Popular singer, actor and producer Emo Adams is a multi-talented marvel of crooning and comedy alike.
He first came to prominence through his collaborations with David Kramer and the late Taliep Pietersen,
specifically in the musicals “District 6: The Musical” and “Kat & the Kings”, and has since gone on to become one of SA's busiest entertainers, headlining at most of SA's major festivals and concerts, featuring in all mainstream media, selling out shows across the country, and hosting his own television show “Jou Show Met Emo”.

Born and raised in the heart of the Cape Flats, Mitchells Plein, Adams is the younger sibling of three boys. His childhood years were filled with harmonies and song; an infectious influence by his musically-inclined father and talented elder brother, fellow actor Luqmaan Adams. Much of his childhood years were spent singing and performing with the Malay Choirs, which enabled Adams to explore his cultural heritage and establish music as an integral part of his life. At the age of 9, Adams was cast to play the role of a homeless street child in Pietersen and Kramer's renowned theatre production “District 6: The Musical”, and experience which sparked his love for theatre and the performing arts. In 1996, Emo, along with three friends and his brother Luqmaan, founded the 5-piece boy band JAG, soon becoming popular around SA for their perfect harmonies and entertaining live performances.

Other theatre highlights include being re-cast in "District 6: The Musical" on several occasions (and has actually played every character in this production!), and performing in London, Vienna, Frankfurt and Las Vegas with the Lawrence-Olivier-award-winning production “Kat and The Kings.” In the Bollywood production “Fusion”, which was staged at the Globe Theatre in Johannesburg in 2006, Adams performed Indian song and dance in a traditional Bollywood style. In television, Emo played a lead role in the kykNET television series “Alie Barber” as well as the part of Solly in the SABC2 mini-series “Malan en Kie”; he made guest appearances on the musical game show “Liriekeraai” and was an invitee on the talk show “Dis Hoe Dit Is Met Steve”, hosted by Steve Hofmeyr, as well as numerous other South African primetime television shows. His own television show “Jou Show Met Emo” is a successful celebration of comedy and looks at the lighter side of life in South Africa.

Emo's debut album "Tall, Dark & Afrikaans", released in 2007, is a top-seller across South Africa, and Emo
recently launched his own frangrance and merchandice lines.

Please visit www.emoadamslive.co.za

Andries Vermeulen

Andries Vermeulen is gebore in Kaapstad en het groot geword op ‘n klein dorpie in die hartjie van die Sandveld, naamlik Redelinghuys waar hy van ’n jong ouderdom af al opspraak gemaak het en gewys het hy is sterk oppad na die bekendheid wat hy vandag geniet…

Andries se stem stel aan ons ’n heel nuwe sy van die Afrikaanse opskop-boerejol-en-lekker-kuier genre voor en elkeen van sy CD’s bied ’n nuwe verassing!
Sy nuutste vrystelling WESKUS Kwêla is beslis geen uitsondering nie en die room van Andries se CD vrystellings tot dusver.

Sy debuut album, “Wie Se” wat in 2006 vrygestel is, was Andries se eerste groot deurbraak tot die kommersiele mark waar die resep van humor tesame met goeie luister-musiek vervolmaak is.
Die album maak Andries binne weke ’n huishoudelike naam en die CD word ’n gunsteling op dansbane. “Wie Se” spog met ‘n verskeidenheid polsende nuwe liedjies wat beslis voete sal laat jeuk, maar verras ook met ballades wat hoendervleis gee. In 2007 kry Andries dit weer reg om die aandag op hom te vestig met die vrystelling van sy tweede album, “Jy vry lekker…maar nie so lekker soos jou sussie nie”. Die album bevat 18 snitte waar Andries sy stempel op bekendes (Leon Schuster, Bles Bridges en Steve Hofmeyr) se liedjies afdruk en sy eie maak. Die album bevat ook splinternuwe skeppings wat net Andries met sy kenmerkende stem kan vertolk. “Jy vry lekker…” leen hom tot meer volwasse lirieke wat wys dat Andries nie slegs humoristiese liedjies kan sing nie, maar ook ‘n meer ernstige sy aan hom het! Die album word in 2007 en 2008, twee jaar agtereenvolgend vir ’n SAMA en Huisgenoot Tempo Toekenning genomineer.
Andries se horisonne verbreed en tydens 2008 en 2009 word hy ook ’n bekende gesig in die televisiebedryf en kan kykers hom op Fiesta, Glittirati en Jou Show met Emo sien. Hy het sommer vinnig mense se harte gesteel met sy tipiese Namakwalandse uitspraak en aksent.

Met Andries se eindelose talent was dit vanselfsprekend dat sy derde album “Weskus Kwêla”, wat hy in samewerking met Vision Group of Companies gemaak het, nog ’n wenner sou wees. Vision Group of Companies is ’n finansiëlle instansie en te danke aan hul is hierdie CD se vervaardiging moontlik gewees.
“ WESKUS Kwêla” is ’n CD wat oor-en-oor geluister kan word om ’n heerlike atmosfeer te skep. Andries het verseker die geheim om lekker kuier boeremusiek te maak ontdek en met hierdie CD voel hy kompleet soos ’n kuiergas in die sitkamer. Met hierdie CD het Andries bietjie uit sy dop gekruip en gee ons ook ’n kykie tot in sy hart. Een van die snitte Ek stuur ’n soen is ’n stukkie kunswerk uit Andries se eie pen wat net weereens daarop dui dat hy in diepte groei soos wat sy keuses van lirieke en liedjies verander. Andries se drome het geen perke nie en met so ’n suksesvolle CD het hy goeie rede. Bekendes soos Danie Niehaus, Emo Adams en Steve Hofmeyr het nie geskroom om saam met Andries te werk nie en hulle deel in Andries se sukses en CD. Van die opskop-liedjies is vir Andries deur Anton Myburg geskryf. Dit was ’n voorreg om van Anton se liedjies te kon byvoeg saam met al die ander meesterstukke aangesien Anton al vir Wynand Strydom, Pieter Koen en Hugo liedjies geskryf het. Verder is daar ook liedjies van Vos Reyneke op die album opgeneem. Vos was die persoon agter Juanita du Plessis se Handjie vol liefde en vele ander treffers.
Deurentyd vermeerder Andries se aanhangers eksponansieel en hy bederf hulle met sy nuutste album. Daar is iets om van te kies en te keur: Die resep van sy kwaliteit musiek tesame met lekker boerekuier-lirieke het verseker dat daar weereens op die CD verskeie snitte is wat die litte laat losmaak soos Veraltyd by jou, B-Bos Keurspelen ’n Baby wil ek nie hê.

’n DVD met dieselfde titel is onlangs opgeneem met ‘n 10 stuk orkes op die verhoog en bekendes soos Danie Niehaus, Emo Adams en Le – Lue het ook kom deel in die aand se sukses. Die room van die land se storievertellers: Arno van Zyl en Allan Hughes het die gehoor vermaak met van hul bekendste stories. Die vrystelling van die DVD sal gedurende die lentetyd, September 2010 plaasvind. Andries se aanhangers hoef darem nie so lank vir sy CD te wag nie, aangesien dit teen Julie 2010 op die winkelrakke sal wees. 
Indien jy lekker kuier musiek waardeer, voeg Andries se CD by jou versameling of bespreek hom vir jou volgende vertoning

Besoek gerus www.andriesvermeulen.co.za

Die Broers

Die Broers, Christo, Cobus en Nic is alombekend vir hul harmonieuse sang en polsende liedjies. Hulle maak al van jongs af saam musiek en het reeds op laerskool in kore gesing en met formele opleiding in onder andere klavier, trompet en kontrabass begin.In hul vrye tyd het hulle kitaar leer speel en by musiekaande begin optree deur al die bekende ligte liedjies van die tyd uit te voer. Wat eers ‘n stokperdjie was het uiteindelik in ‘n beroep verander.

Die Broers het hul musiek as  voltydse beroep gekies en toer vandag die land vol met konserte en optredes. Hulle het 3 albums en twee DVD’s op hul kerfstok waarvan 2 goue status  met verkope bereik het. Die nuutste cd, “Broers Grootste Treffers LIVE”, is ‘n lewendige opname tydens ‘n konsert van al hul grootste treffers. Liedjies soos “ Huistoe, 10 000 MYL, Toeter Skoeter, 7x70, Jonk Bly, Trein na Margate” en vele meer is opgeneem op die skitter album.

‘n Hoogtepunt in die Broers se loopbaan is beslis die uitnodiging wat hulle van President Jacob Zuma ontvang het om voor ‘n uitgelese groep afgevaardigdes op te tree. Die gaste het die vertoning so baie geniet dat hulle die Broers spontaan met ‘n staande ovasie begroet het.
‘n Verdere hoogtepunt was hul optrede tydens die internasionale rugbyraad se 3 nasies wedstryde tussen  Nieu Zeeland, Australie en Suid Afrika waar hulle die nasionale volkslied voor 3 van die wedstryde uitgevoer het. Hulle het ook saam met die wereldbekende Bala Broers die volkslied tydens die afgelope Britse leeus toer op Ellispark gesing.

Die Broers het hul vernuf as musikante en sakemanne aangewend en behalwe die handelsmerk, “ Broers “, ‘n Platemaatskappy begin met die naam, “ Snyman Musiek Produksies”. Kunstenaars soos, “ Karen Ferreira, George Meiring, Viljoen Retief “asook “Jovan enThelma” het hulle adres by die maatskappy gevind.

Besoek gerus www.diebroers.co.za

Bok van Blerk

Gebore Louis Andreas Pepler op 30 Maart 1978, het in Pretoria grootgeword. Ná skool op Hoërskool Die Wilgers het hy vir nege maande in Rotterdam, Nederland rugby gespeel en daarna Boukunde en Konstrukiesbestuur studeer. Hy was toe vir sewe jaar in die boubedryf voor hy 'n professionele sanger geword het.

"Ek het maar altyd 'n kitaar saamgevat as ons gaan kamp het of om 'n vuur gekuier het," vertel Bok. In 2005 is hy deur Sean Else en Johan Vorster genader om hul platemaatskappy, Mozi Records, se eerste kunstenaar te word. 'n Album is opgeneem en as Bok van Blerk en die Mossies: Jy Praat Nog Steeds My Taal in Maart 2006 vrygestel.

In Oktober word die album weer vrygestel maar hierdie keer is die titel De la Rey na aanleiding van die trefferliedjie wat stadig maar seker onder mense se velle begin kruip het. Die verkope van die album begin klim en dit word een van die grootste verkopers van 2007. Die verkope van die album is vandag net onder 200 000 wat dit een van die suksesvolste debuutalbums ooit in Afrikaans maak.

Bok ryg behoorlik die pryse in 2007 in. Hy wen drie Tempo-toekennings, vyf Vonk-toekennings en die video van De la Rey wen die MK Musiekvideo van die Jaar-prys.

In 2007 is Bok deel van Ons Vir Jou, 'n rugbyalbum wat uitgereik is vir die Wêreldbekertoernooi wat uiteindelik deur Suid-Afrika gewen is. Die album is 'n reuse sukses met verkope van 90 000.

Ná die sukses van De la Rey wat bykans 200 000 albums verkoop het, is Bok van Blerk terug met‘n nuwe album wat beloof om net so groot soos die vorige een te wees. Afrikanerhart is ‘n album met vyftien oorspronklike snitte en wissel van sosiale kommentaar tot liedjies om op te jol. Die Afrikanerhart album het reeds dubbel Platinum status bereik.

Bok het as sanger en liedjieskrywer baie gegroei sedert sy weghol debuut in 2006. “Dit was nodig dat ons so lank moes wag met ‘n tweede album,” sê Bok. “Ek het in daardie tyd gegroei as kunstenaar en wou wag vir die regte tyd om ‘n tweede album uit te bring. Ek is baie opgewonde oor die album en veral opgewonde oor die nuwe klank en neiging wat die album inslaan. Ons gaan vorentoe met hierdie album. Daar is van die liedjies wat snypunte aanraak waarby mense aanklank sal vind en daar is selfs ‘n liefdesliedjie. Wie sou ooit kon raai dat Bok van Blerk ‘n love song sal doen! Ons het hard gewerk aan die album en ek glo mense gaan dit net soveel, indien nie meer nie, as die vorige album geniet. Ek sien uit daarna om met die album te toer en die nuwe liedjies vir die mense te bring.”

Bok het verskeie belangstellings. Hy is lief vir die natuur, jag, diepseevisvang, motorfietse en natuurlik musiek!

 Besoek gerus www.bokvanblerk.co.za

DJ Ossewa

Van waar DJ Ossewa?

DJ Ossewa het sy ontstaan gehad op die plaas Ossewasrus sowat 7 jaar gelede. Die DJ staan eintlik vir Daniel Jakobus, wat die musikaalste van die klompie
afrikaners is, en met die naam en idee voorendag gekom het.

Die Ossewa spreek vanself, aangesien die groepie manne almal baie kultuur- vas is en dan nog op die plaas ook grootgeword het.

Die groep bestaan uit 4 lede. Daar is Daniel Jakobus, Piet Pompies , Jerbes die Leeuboer, en die nuwe toevoeging, Boetie Ossewa, wat in 2011 aangesluit het by die groep. DJ Ossewa was oorspronklik 4 lede, maar moes ongelukkig afstand doen van hul broer en geliefste lid Raapie Knaapie,  wat is 2010 agv 'n motorongeluk, oorlede is, waarin die groep betrokke was. Hy sal altyd onthou word as deel van die groep, en 'n legende in die afrikaanse musiek bedryf.  Daniel, Raapie en Piet bly almal op Ossewasrus saam met Ouma Sanna Beskuit. Almal is Familie op die plaas.
Raapie en Daniel is broers en Piet is hul nefie. Boetie, wat die nuwe lid is, is Piet se ander nefie wat uit die Kalahari kom, en deesdae ook op die plaas woon en help.



Soos almal weet, is dit nie n maklike lewe deesdae om n boer te wees nie, en toe dit so n klompie jare gelede begin agteruit  gaan met die boerdery, agv omstandighede, het Ouma Beskuit besluit om die klompie manne almal in een kraal te gooi, en hul na tante Koba toe gestuur vir sang lesse. Al was hul nou nie uitstaande boere nie, agv hul swak sig, kon hulle darem so nou en dan n noot hou, en ook n ordentelike partytjie hou. Dis toe waar als gebeur het. Na maande se voorbereiding en hard oefen het DJ OSsewa sy ontstaan gehad, en daarmee saam hul eerste konsert. Dit het so vinnig gekom en gegaan , en voor hulle hul oë kon uitvee was dit verby en het daar al hoe meer besprekings na hul kant toe gekom van regoor die land, en self in die buite land. DJ Ossewa het n wen resep gekry, lekker afrikaanse dans musiek met n komiese, lewendige vertoning. Konsertina, trekklavier, kitaar, banjo, mondfluitjie, lekker tradisioneel, met polsende ritmes en moderne afrikaanse klanke. Die manne van DJ Ossewa moes bondstaan want almal wou saam op die wa klim en die partytjie geniet.

Nie lank daarna nie, is hul eerste volwaardige album vrygestel met die titel Boeresports en alhoewel dit nou nie superster status gekry het nie, was dit die eerste groot tree in die afrikaanse musiek wereld vir die klomp opskoppers.


Na sowat n jaar is hul tweede album Voor oppie wa bekendgestel, en die cd het die volk behoorlik aan die gons gehad. Daar was skielik sprake van n DVD, en oral het mense DJ Ossewa aangemoedig om hul mannewales op kamera vas te lê.  So gesê, so gedaan, en hul eerste DVD Heeltemal LewenDig het sowat n 4 jaar gelede die winkelrakke, en die sitkamers met n geweldige plofslag getref. Dieselfde DVD is ook genomineer vir n toekenning in Afrikaanse musiek., en is 'n Platinum verkoper.



In 2007 het die manne van DJ OSsewa hul derde album die lig laat sien Vannie os oppie jas, wat n dubbel album is en 35 liedjies bevat. Hul het die album goed deurdink en daar is ietsie vir almal om aan te smul.

 
Daarna het DJ Ossewa hul plaas streke en verhale in musiek vasgevang met die lawwe, maar uiters gewilde album, Innie lang gras (2009) wat ook benoem is in 3 kategorieë vir 'n Rapport Vonk toekenning, asook 2 Kategorieë vir die Huisgenoot Tempo toekennings.

 
Hul 2de volwaardige DVD "Manne-wa-lus" het in 2009 verskyn en blitsvinnig goue status bereik, nes die eerste dvd. Manne-wa-lus het ook die Huisgenoot Tempo Toekenning gewen vir gewildste DVD van 2009, en is genomineer vir 'n Rapport Vonk toekenning.


Ook het DJ Ossewa hul 6de album "Die Groot trek...tot nou" in 2009 vrygestel, wat hul gunsteling en gewildste liedjies bevat van die vorige 4 albums.



In 2010 het DJ Ossewa hul musikale talent nog beter vertoon met hul huidige album, "Nuwe Cd". Die album is hartlik ontvang deur ondersteuners reg oor die wereld, en verkoop steeds op die winkelrakke. Dit is ook die laaste album waarop hul geliefde vriend Raapie Knaapie, gesing het.



DJ Ossewa beskryf hul musiek as Progresiewe Alternatiewe Boere Afrikaanse Opskop Dansmusiek, n heel nuwe genre in Afrikaanse musiek vermaak.

"Ons is entertainers, wat daarop uit is om vir ons ondersteuners die konsert van hulle lewe te gee. Ons wil hê dat die mense van al die swaarkry, sorge, misdaad en als wat pla moet vergeet tydens die rukkie wat hul saam met ons spandeer. Dis hoekom ons van komedie in ons vertonings gebruik maak, saam met lekker afrikaanse dans musiek. n Mens moet lag ook, dit hou jou jonk."

Vandag reis DJ Ossewa reg oor die wêreld en maak musiek vir almal wat wil luister, en saam kuier. Oud en jonk spring op en af by vertonings, skouer aan skouer. Pa en seun speel die musiek ewe hard in die motor, en oupa het weer n spring in sy stap. Die groep doen tans tussen 120 en 150 vertonings per jaar en was al op verskeie TV programme as gaste, en by n groot aantal feeste.

Maar DJ Ossewa bly nederig, en as hul nie op die pad is nie, is hul hard aan die werk op Ouma Beskuit se plaas met hul daaglikse take.

DJ Ossewa is dalk nie multi miljoenêrs nie, ook nie Supersterre nie, maar een ding is verseker..........Hul kan Rock in hul taal, en solank daar mense is wat luister, sal die ossewa se wiele geolie bly.

Ossewa vir altyd!!

Besoek gerus www.djossewa.co.za

Nianell

STEMGIMAS
Die stemginmas Nianell ontgin die grenres pop, country, folk, R&B, klassiek en selfs Kelties.  Sy is ‘n Suid-Afrikaanse en internasionale suksesstorie, met baie van haar liedjies wat op radiostasies wêreldwyd gespeel word. Sy is ‘n begaafde sangeres, ‘n talentvolle musikant en liedjieskrywer, ‘n skrywer en nou ook ‘n inspirerende hoofspreker. Daar is iets vir almal in haar uiteenlopende melodie- en liriekverskeidenheid  en inspirerende selfbeeldpraatjies. Sy bestuur haar loopbaan nugter en gefokus.

NAMIBIESE WORTELS
Sy is in ‘n klein Namibiese dorpie Omaruru, op die platteland tussen Windhoek en Swakopmund, gebore.  Ná haar hoërskooljare in Windhoek, behaal sy ‘n diploma in ligte musiek aan die Technikon van Pretoria en sy studeer ook aan die Trinity College, Londen. Sy is ‘n ere-ambassa-deur van Team Namibia, die “Trots Namibë”-beweging.

LIEDJIESKRYF-ERKENNING
As.liedjieskyrwer het sy reeds fenominale internasionale welslae behaal met die treffer Who painted the moon? van haar 2001-debuutalbum met dieselfde titel. Die sangeres Hayley Westenra het dit opgeneem op haar CD, Pure, waarvan reeds meer as 2miljoen eksemplare oorsee verkoop is. Sedertdien het Nianell deelgeneem aan die die Global Song-kompetisie in 2006 met haar komposisie We’ll find a way en in 2010 het sy eervolle vermelding verwerf in ‘n internasionale liedjieskryfkompetisie met twee van haar liedjies. Oor die 15 000 liedjieskrywers van regoor die wêreld het meegeding.

LIEFDADIGHEID
Nianell voer haar gehore mee ‘n gesonde humorsin, innemendheid en motiverende en inspirerende lewenservaring.  Sy is ‘n inspirasie vir almal wat haar ontmoet; die toonbeeld van die liefde, passie en aanteeklike opregtheid.  As ‘n direkteur van die projek Proud Partners (www.proudpartners.co.za) beywer Nianell en die span hulle om gekose liefdadigheidorganisasies om hul doelwitte te help bereik.

SKRYWER
Haar lewenslus en integriteit as vrou is die fokus van haar boek Om te weet wie ek is, wat ook in Engels gepubliseer is as Knowing who I am, en ook in Augustus vanjaar deur die uitgewer Hay House in die Verenigde Koninkryk, die VSA, Indië en Australië uitgereik sal word. Die boek sluit ‘n CD van sestien snitte in.

MOTIVERINGSPREKER
In ooreenstemming met haar boek, bied Nianell ‘n buitengewone motiveringspraatjie getiteld Weet wie ek is  aan – gestempel met die gees van haar wysheid en die skoonheid van haar stem. In hierdie uurlange aanbieding ondersteun sy haar inspirerende boodskappe met van haar bekende liedjies soos Life’s Gift, I Hold The Sun, Who painted the moon? en Finally, wat die eerste prys in die 16e jaarlikse VSA-liedjieskryfkompetisie gewen vir die beste inspirerende liedjie.

Hoogtepunte

Haar musiek word op internasionale radio gespeel en sy spog met onder meer ‘n duet-optrede met ‘n legen-dariese tenoor en ‘n wêreldtele-visie-uitsending. Vier van haar albums het goue én platinumstatus bereik en haar vernuf as liedjie-skrywer en stemgimnas is met die gesogste musiekpryse vereer.
Sy het die kruin van sukses in die Suid-Afrikaanse musiekmark bereik en is sy gerat om nóg internasionale welslae te behaal.  Nianell is ‘n vernuftige sakevrou en die trotse ma van ‘n drieling – haar mees kosbare prestasie(s)!

SKITTERSTER

Op die verhoog, is Nianell ‘n enigma.  Haar besondere stem raak ‘n magtige instrument, waarmee sy haar repertoire skouspelagtig vertolk en haarself op klavier en akoestiese kitaar begelei.  Haar innerlike wysheid, positiewe energie en spitsvondigheid laat ‘n onuitwisbare indruk op almal wat die voorreg het om haar te sien optree.
Nianell is ‘n skitterende ster.  Met haar liefde en lig omvou sy almal wat oor haar pad kom, terwyl sy al singende, skrywende en sprekende die wêreld verower – trots Suid-Afrikaans.
Die multi-talentvolle Nianell is die spieëlbeeld van liefde, omgee, motivering en inspirasie.
 Nianell se 6e solo-album – met veertien oorspronklike nuutskeppinge – word in Mei 2012- uitgereik.

TOEKENNINGS

  • 2004 Die album Angel Tongue wen twee SAMA-toekennings.
    • Die beste Engelse Kontemporêre Album.
    • Beste Liedjieskrywer vir We’ll find a way.
  • 2009 Beste Sangeres: VONK-toenenning.
  • In 2010 Beste Sangeres en Beste DVD, It takes two – met Dozi: VONK-toekenning.
  • 2011 Wenner van die afdeling Beste Gospel/Inspirerende Lied vir Finally in die 16e VSA-liedjieskryfkompetisie.
  • 2011 Afrikoonprys vir haar bydrae om Afrikaans te bevorder, deur die ATKV, Namibië.
  • 2011 SAMA-benoem as Beste Vroulike Kunstenaar.

GLANSKONSERTE

  • 2005 Unite the Stars by die Coca-Cola Dome in Johannes-burg op 9 November – saam met kunstenaars soos Christina Aguilera, Westlife en Diana Ross.
  • 2010 ‘n Duet-optrede saam met die legendariese Italiaanse tenoor Andrea Bocelli by die Coca-Cola Dome, Johannesburg.
  • 2011 Nianell het die verhoog gedeel met kunstenaars soos Shakira by die afsluiting van die eindronde van die FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi, wat wêreldwyd op televisie  uitgesaai is.

KLANKBAAN

Nianell sing op die Jock van die Bosveld-flek wat in 2011 in Suid-Afrika uitgereik is. Tim Rice het die lirieke geskryf. Die ander kunstenaars hierop is Craig Hinds van Watershed, Johnny Clegg en Bryan Adams. 
INSPIRERENDE WOORDE
Die boodskappe wat Nianell in haar motiverings-aanbiedinge deel, sluit onder meer dié inspirasie in:
PEELING OFF THE LAYERS We are not what we have, what we achieve, how we look, think, feel or what we can create.
KNOWING WHO I AM We are what we all desire here on earth, which is love.
WE ALLREADY HAVE IT ALL We’ve already received everything we need, we just need to take hold of it, believe it and live it!
MAINTAINING THIS STATE OF BEING
Life’s gift to me is just to be.  To enjoy life we need to surrender all fear, guilt and anger and believe that everything has already been done for us.
FINALLY All we have is now, chose to make it count!

INTERNASIONALE  E R K E N N I N G

Billboard Discoveries gebruik frases soos “emosionele triomf” en “fynproe-wêreldklasvertolking” om Nianell se talent te beskryf en het só oor haar album Sand & Water berig: “The collection’s beautiful melodies and inspiring instrumentation are surpassed only by the vocalist’s angelic cum saucy execution. Simply, every song is an emotional triumph: affecting, inspiring and blissful.
No doubt, Nianell is a world-class performer, and “Sand & Water” is a consummate CD on all accounts. Connoisseurs of finely crafted pop melodies and a vocalist free of gimmicks—simply loaded with natural talent—are destined to discover their new favourite singer.” – Billboard Discoveries

 Besoek gerus www.nianell.co.za




Snotkop

SA SE GROOTSTE POP SENSASIE!
Die splinternuwe treffer belaaide SNOTKOP album 'EK LAAIK VAN JOL' is uit!
Die album is skaars 'n paar weeke op die rakke en is reeds nommer 4 op DKNT se Top tien beste verkopers, en verkoop soos soet koekies dwars deur die land!
'Ek laaik van jol' is 'n versameling van 15 gatskop treffers, insluitend die party anthem 'Ek laaik van jol' en die hartroerende 'Song vir my Dad' wat Francois vir sy Pa geskryf het 'n week voor hy gesterf het. 'Song vir my Dad' kan tans op radiostasies reg oor die land gehoor word en die eerlike, hartroerende lirieke praat direk met die hart. Die album word deur kenners beskou as Snotkop se beste werk tot datum. Hierdie baanbreker album het 'n vars, nuwe, pop aanslag met die kenmerkende Snotkop tong in die kies lirieke wat enige partytjie vinnig aan die gang sal kry! SA se gewilde, SAMA benoemde kunstenaar, Snotkop is een van die land se populêrste kunstenaars wat duisende mense se harte gesteel het met sy talent, musiek, positiewe boodskap, passie en aansteeklike energie! Vol gepakte sale en met meer as 100 000 albums al verkoop het Snotkop sy merk duidelik in die musiek bedryf gekerf.  Sy vorige album ‘Francois Henning was hier’ was ook vir ‘n 2010 SAMA, Tempo en Vonk toekenning genomineer vir beste Afrikaanse Pop album en is steeds een van SA se top verkopers! Die album het binne ‘n paar weeke Goue status behaal en verkope skiet steeds deur die dak! Al sy albums is tot dusvêr ‘n unieke lewensreis tot waar Francois homself vandag bevind… Groot geword in Randburg en van kleins af het hy al gedroom van ‘n lewe op die verhoog met ‘n mikrofoon in die hand. Francois het drama studeer aan die Tswane Universiteit na ‘n moeilike paar jaar op skool as die swart skaap, met die droom om eendag ‘n groot ster te word. Van ‘n baie jong ouderdom het hy al begin opnames maak van sy musiek wat hy gestuur het aan groot plaate maatskappye…
Sy eerste groot breek het egter gekom in 2002 toe hy sy eerste plaate kontrak los geslaan het onder die naam ‘Lekgoa’. Dit was onmiddelik ‘n weghol sukses en die volgende vyf jaar het hy spandeer tussen duisende gillende aanhangers vanaf Soweto tot in Botswana. Lekgoa het ook ‘n baie suksesvolle toer voltooi in Frankryk en London met van die land se grootste name soos Soul Brothers en Mahotella Queens en het in die Suide van Frankryk op dieselfde verhoog opgetree as Johnny Clegg. CNN het onmiddelik belang gestel in die unieke kunstenaar met die onkeerbaare energie op die verhoog en het ‘n dokumentêr geskiet oor sy interresante lewe en loopbaan wat reg oor die wêreld uitgesaai was. 

Francois, was ook te siene op programme soos Sewende laan, Generations, Petrolkop en het die onvergeetlike rol vertolk van ‘Riekie’ op die baie populêre RSG en Kyknet radio drama ‘Stralejakkers’. In 2006 het Francois besluit dat dit tyd is om in Afrikaans sy moedertaal musiek te maak onder die verhoog naam’Snotkop’, en dit ook, was oornag ‘n massiewe sukses. As tiener was Francois baie doelgerig en dit het hom soms as hardkoppig en as ‘n rebel laat voorkom. Sy Pa, Jan, het hom ‘Snotkop’ gedoop, ‘n troetelnaam van jongs af wat Francois baie na aan die hart lê. “Die liedjies op my albums verteenwoordig presies wie ek is, ek sing en rap oor verhoudings, my skooldae, teleurstellings, liefde, my reis deur die lewe, paarties, my drome, menslike dinge wat ek as Afrikaner ondervind het en wat my gemaak het wie ek is vandag”. Die lirieke is eerlik en oud en jonk sal onmiddelik verstaan waaroor Snotkop praat!
“Niemand is perfek nie, ek is mal daaroor om te skryf oor gewone dinge wat die gewone ou ondervind, ons almal jaag nonsens aan, paartie en werk hard, ek lag oor sommige situasies waarin ons onself soms bevind, ek is wie ek is, leer deur my foute, en hê fun in die proses, ons vergeet soms om net eenvoudig te vier wie ons is”. 

Francois maak sy merk deur om sy naam duidelik teen die muur te skryf en mense te inspireer om dieselfde te doen. “Wees trots op wie jy is, jy is instaat tot GROOT DINGE, daar is geen ander persoon in die wêreld met jou unieke talent en energie nie, gebruik dit, maak jou merk, vergeet van wat ander mense van jou dink of sê, staan op vir jouself en gaan haal wat joune is…” Die nuwe album bestaan uit 14 gatskop snitte.
Die Album word versprei en bemark Deur Select Musiek. Snotkop het die afgelope vier jaar een van Suid Afrika se gewildste kunstenaars geword en het duisende mense se harte gesteel. Snotkop is bekend vir sy ongelooflike energie op die verhoog en het al dwars deur die land vol gepakte sale mal gemaak met sy optredes. In 2009 het hy 150 optredes gehad onder andere die 10de herdenking van Huisgenoot Skouspel, Skouspel Plus in die Kaap en het hy weereens by 2010 se Skouspel Plus opgetree. Hy het ook vir die derde keer in ‘n ry die hoof verhoog by Innibos behoorlik laat kook voor 28 000 mense! Snotkop neem beheer van die verhoog en word beskou as een van Suid Afrika se beste live kunstenaars!

 Besoek gerus www.snotkop.co.za

André & Tiaan

André Huysamen en Tiaan Grundling het geen bekendstelling in Gansbaai nodig nie. Hierdie twee energieke sangers het al twee keer by die Kreef Derby opgetree sowel as by 'n damesoggend saam met Brumilda van Rensburg in ons mooi dorpie.

Hierdie twee jong manne se sukses ken geen perke nie en saam het hulle al vir die President by die Uniegebou in Pretoria gaan sing en het ook by Soccer City in Johannesburg opgetree voor 62 000 mense tydens die "MTN Semi 8 Final" tussen die Orlando Pirates en Kaizer Chiefs. Hulle het al die land plat getoer en was al amper by elke fees te sien. André & Tiaan het ook al gesig gaan wys in "7de Laan", "Binnelanders", "Villa Rosa" asook die plaaslike rolprent "Ek joke net"!

Beide André en Tiaan geniet tans sukses in Europa en NZ wat hul musiek aanbetref.

André Huysamen en Tiaan Grundling tree ook op as seremoniemeesters tydens die fees en stel ook albei hulle nuwe albums daar bekend!




 



Vir meer inligting besoek gerus www.andrehuysamen.co.za en www.tiaangrundling.co.za



Welkom...

Welkom by die "Big 2 Town Festival" se blog! Die fees vind plaas op die 29ste Desember 2012 in Gansbaai met die room van die Afrikaanse musiekbedryf. Besoek asb gereeld hierdie blog vir meer inligting. Die volledige program met al die spesifieke tye sal binnekort beskikbaar wees, sowel as inligting van waar die kaartjies te koop sal wees. Jy gaan nie hierdie fees wil misloop nie!