Gebore Louis Andreas Pepler op 30 Maart 1978, het in
Pretoria grootgeword. Ná skool op Hoërskool Die Wilgers het hy vir nege maande
in Rotterdam, Nederland rugby gespeel en daarna Boukunde en Konstrukiesbestuur
studeer. Hy was toe vir sewe jaar in die boubedryf voor hy 'n professionele
sanger geword het.
"Ek het maar altyd 'n kitaar saamgevat as ons gaan kamp het of om 'n vuur gekuier het," vertel Bok. In 2005 is hy deur Sean Else en Johan Vorster genader om hul platemaatskappy, Mozi Records, se eerste kunstenaar te word. 'n Album is opgeneem en as Bok van Blerk en die Mossies: Jy Praat Nog Steeds My Taal in Maart 2006 vrygestel.
In Oktober word die album weer vrygestel maar hierdie keer is die titel De la Rey na aanleiding van die trefferliedjie wat stadig maar seker onder mense se velle begin kruip het. Die verkope van die album begin klim en dit word een van die grootste verkopers van 2007. Die verkope van die album is vandag net onder 200 000 wat dit een van die suksesvolste debuutalbums ooit in Afrikaans maak.
Bok ryg behoorlik die pryse in 2007 in. Hy wen drie Tempo-toekennings, vyf Vonk-toekennings en die video van De la Rey wen die MK Musiekvideo van die Jaar-prys.
In 2007 is Bok deel van Ons Vir Jou, 'n rugbyalbum wat uitgereik is vir die Wêreldbekertoernooi wat uiteindelik deur Suid-Afrika gewen is. Die album is 'n reuse sukses met verkope van 90 000.
Ná die sukses van De la Rey wat bykans 200 000 albums verkoop het, is Bok van Blerk terug met‘n nuwe album wat beloof om net so groot soos die vorige een te wees. Afrikanerhart is ‘n album met vyftien oorspronklike snitte en wissel van sosiale kommentaar tot liedjies om op te jol. Die Afrikanerhart album het reeds dubbel Platinum status bereik.
Bok het as sanger en liedjieskrywer baie gegroei sedert sy weghol debuut in 2006. “Dit was nodig dat ons so lank moes wag met ‘n tweede album,” sê Bok. “Ek het in daardie tyd gegroei as kunstenaar en wou wag vir die regte tyd om ‘n tweede album uit te bring. Ek is baie opgewonde oor die album en veral opgewonde oor die nuwe klank en neiging wat die album inslaan. Ons gaan vorentoe met hierdie album. Daar is van die liedjies wat snypunte aanraak waarby mense aanklank sal vind en daar is selfs ‘n liefdesliedjie. Wie sou ooit kon raai dat Bok van Blerk ‘n love song sal doen! Ons het hard gewerk aan die album en ek glo mense gaan dit net soveel, indien nie meer nie, as die vorige album geniet. Ek sien uit daarna om met die album te toer en die nuwe liedjies vir die mense te bring.”
Bok het verskeie belangstellings. Hy is lief vir die natuur, jag, diepseevisvang, motorfietse en natuurlik musiek!

Besoek gerus www.bokvanblerk.co.za
Hier is ook 'n paar van sy videos: http://afrikaansemusiekvideos.co.za/
ReplyDelete