Thursday, 2 August 2012

Snotkop

SA SE GROOTSTE POP SENSASIE!
Die splinternuwe treffer belaaide SNOTKOP album 'EK LAAIK VAN JOL' is uit!
Die album is skaars 'n paar weeke op die rakke en is reeds nommer 4 op DKNT se Top tien beste verkopers, en verkoop soos soet koekies dwars deur die land!
'Ek laaik van jol' is 'n versameling van 15 gatskop treffers, insluitend die party anthem 'Ek laaik van jol' en die hartroerende 'Song vir my Dad' wat Francois vir sy Pa geskryf het 'n week voor hy gesterf het. 'Song vir my Dad' kan tans op radiostasies reg oor die land gehoor word en die eerlike, hartroerende lirieke praat direk met die hart. Die album word deur kenners beskou as Snotkop se beste werk tot datum. Hierdie baanbreker album het 'n vars, nuwe, pop aanslag met die kenmerkende Snotkop tong in die kies lirieke wat enige partytjie vinnig aan die gang sal kry! SA se gewilde, SAMA benoemde kunstenaar, Snotkop is een van die land se populêrste kunstenaars wat duisende mense se harte gesteel het met sy talent, musiek, positiewe boodskap, passie en aansteeklike energie! Vol gepakte sale en met meer as 100 000 albums al verkoop het Snotkop sy merk duidelik in die musiek bedryf gekerf.  Sy vorige album ‘Francois Henning was hier’ was ook vir ‘n 2010 SAMA, Tempo en Vonk toekenning genomineer vir beste Afrikaanse Pop album en is steeds een van SA se top verkopers! Die album het binne ‘n paar weeke Goue status behaal en verkope skiet steeds deur die dak! Al sy albums is tot dusvêr ‘n unieke lewensreis tot waar Francois homself vandag bevind… Groot geword in Randburg en van kleins af het hy al gedroom van ‘n lewe op die verhoog met ‘n mikrofoon in die hand. Francois het drama studeer aan die Tswane Universiteit na ‘n moeilike paar jaar op skool as die swart skaap, met die droom om eendag ‘n groot ster te word. Van ‘n baie jong ouderdom het hy al begin opnames maak van sy musiek wat hy gestuur het aan groot plaate maatskappye…
Sy eerste groot breek het egter gekom in 2002 toe hy sy eerste plaate kontrak los geslaan het onder die naam ‘Lekgoa’. Dit was onmiddelik ‘n weghol sukses en die volgende vyf jaar het hy spandeer tussen duisende gillende aanhangers vanaf Soweto tot in Botswana. Lekgoa het ook ‘n baie suksesvolle toer voltooi in Frankryk en London met van die land se grootste name soos Soul Brothers en Mahotella Queens en het in die Suide van Frankryk op dieselfde verhoog opgetree as Johnny Clegg. CNN het onmiddelik belang gestel in die unieke kunstenaar met die onkeerbaare energie op die verhoog en het ‘n dokumentêr geskiet oor sy interresante lewe en loopbaan wat reg oor die wêreld uitgesaai was. 

Francois, was ook te siene op programme soos Sewende laan, Generations, Petrolkop en het die onvergeetlike rol vertolk van ‘Riekie’ op die baie populêre RSG en Kyknet radio drama ‘Stralejakkers’. In 2006 het Francois besluit dat dit tyd is om in Afrikaans sy moedertaal musiek te maak onder die verhoog naam’Snotkop’, en dit ook, was oornag ‘n massiewe sukses. As tiener was Francois baie doelgerig en dit het hom soms as hardkoppig en as ‘n rebel laat voorkom. Sy Pa, Jan, het hom ‘Snotkop’ gedoop, ‘n troetelnaam van jongs af wat Francois baie na aan die hart lê. “Die liedjies op my albums verteenwoordig presies wie ek is, ek sing en rap oor verhoudings, my skooldae, teleurstellings, liefde, my reis deur die lewe, paarties, my drome, menslike dinge wat ek as Afrikaner ondervind het en wat my gemaak het wie ek is vandag”. Die lirieke is eerlik en oud en jonk sal onmiddelik verstaan waaroor Snotkop praat!
“Niemand is perfek nie, ek is mal daaroor om te skryf oor gewone dinge wat die gewone ou ondervind, ons almal jaag nonsens aan, paartie en werk hard, ek lag oor sommige situasies waarin ons onself soms bevind, ek is wie ek is, leer deur my foute, en hê fun in die proses, ons vergeet soms om net eenvoudig te vier wie ons is”. 

Francois maak sy merk deur om sy naam duidelik teen die muur te skryf en mense te inspireer om dieselfde te doen. “Wees trots op wie jy is, jy is instaat tot GROOT DINGE, daar is geen ander persoon in die wêreld met jou unieke talent en energie nie, gebruik dit, maak jou merk, vergeet van wat ander mense van jou dink of sê, staan op vir jouself en gaan haal wat joune is…” Die nuwe album bestaan uit 14 gatskop snitte.
Die Album word versprei en bemark Deur Select Musiek. Snotkop het die afgelope vier jaar een van Suid Afrika se gewildste kunstenaars geword en het duisende mense se harte gesteel. Snotkop is bekend vir sy ongelooflike energie op die verhoog en het al dwars deur die land vol gepakte sale mal gemaak met sy optredes. In 2009 het hy 150 optredes gehad onder andere die 10de herdenking van Huisgenoot Skouspel, Skouspel Plus in die Kaap en het hy weereens by 2010 se Skouspel Plus opgetree. Hy het ook vir die derde keer in ‘n ry die hoof verhoog by Innibos behoorlik laat kook voor 28 000 mense! Snotkop neem beheer van die verhoog en word beskou as een van Suid Afrika se beste live kunstenaars!

 Besoek gerus www.snotkop.co.za

No comments:

Post a Comment