Die
Broers, Christo, Cobus en Nic is alombekend vir hul harmonieuse sang en
polsende liedjies. Hulle maak al van jongs af saam musiek en het reeds op
laerskool in kore gesing en met formele opleiding in onder andere klavier,
trompet en kontrabass begin.In hul vrye tyd het hulle kitaar leer speel en by
musiekaande begin optree deur al die bekende ligte liedjies van die tyd uit te
voer. Wat eers
‘n stokperdjie was het uiteindelik in ‘n beroep verander.
Die Broers het hul musiek as voltydse beroep gekies en toer vandag die land vol met konserte en optredes. Hulle het 3 albums en twee DVD’s op hul kerfstok waarvan 2 goue status met verkope bereik het. Die nuutste cd, “Broers Grootste Treffers LIVE”, is ‘n lewendige opname tydens ‘n konsert van al hul grootste treffers. Liedjies soos “ Huistoe, 10 000 MYL, Toeter Skoeter, 7x70, Jonk Bly, Trein na Margate” en vele meer is opgeneem op die skitter album.
‘n
Hoogtepunt in die Broers se loopbaan is beslis die uitnodiging wat hulle van
President Jacob Zuma ontvang het om voor ‘n uitgelese groep afgevaardigdes op
te tree. Die gaste het die vertoning so baie geniet dat hulle die Broers
spontaan met ‘n staande ovasie begroet het.
‘n Verdere
hoogtepunt was hul optrede tydens die internasionale rugbyraad se 3 nasies
wedstryde tussen Nieu Zeeland, Australie en Suid Afrika waar hulle die
nasionale volkslied voor 3 van die wedstryde uitgevoer het. Hulle het ook saam
met die wereldbekende Bala Broers die volkslied tydens die afgelope Britse
leeus toer op Ellispark gesing.
Die
Broers het hul vernuf as musikante en sakemanne aangewend en behalwe die
handelsmerk, “ Broers “, ‘n Platemaatskappy begin met die naam, “ Snyman Musiek
Produksies”. Kunstenaars soos, “ Karen Ferreira, George Meiring, Viljoen Retief
“asook “Jovan enThelma” het hulle adres by die maatskappy gevind.
No comments:
Post a Comment