Die stemginmas Nianell ontgin die grenres pop, country, folk, R&B, klassiek en selfs Kelties. Sy is ‘n Suid-Afrikaanse en internasionale suksesstorie, met baie van haar liedjies wat op radiostasies wêreldwyd gespeel word. Sy is ‘n begaafde sangeres, ‘n talentvolle musikant en liedjieskrywer, ‘n skrywer en nou ook ‘n inspirerende hoofspreker. Daar is iets vir almal in haar uiteenlopende melodie- en liriekverskeidenheid en inspirerende selfbeeldpraatjies. Sy bestuur haar loopbaan nugter en gefokus.
NAMIBIESE WORTELS
Sy is in ‘n klein Namibiese dorpie Omaruru, op die platteland tussen Windhoek en Swakopmund, gebore. Ná haar hoërskooljare in Windhoek, behaal sy ‘n diploma in ligte musiek aan die Technikon van Pretoria en sy studeer ook aan die Trinity College, Londen. Sy is ‘n ere-ambassa-deur van Team Namibia, die “Trots Namibë”-beweging.
LIEDJIESKRYF-ERKENNING
As.liedjieskyrwer het sy reeds fenominale internasionale welslae behaal met die treffer Who painted the moon? van haar 2001-debuutalbum met dieselfde titel. Die sangeres Hayley Westenra het dit opgeneem op haar CD, Pure, waarvan reeds meer as 2miljoen eksemplare oorsee verkoop is. Sedertdien het Nianell deelgeneem aan die die Global Song-kompetisie in 2006 met haar komposisie We’ll find a way en in 2010 het sy eervolle vermelding verwerf in ‘n internasionale liedjieskryfkompetisie met twee van haar liedjies. Oor die 15 000 liedjieskrywers van regoor die wêreld het meegeding.
LIEFDADIGHEID
Nianell voer haar gehore mee ‘n gesonde humorsin, innemendheid en motiverende en inspirerende lewenservaring. Sy is ‘n inspirasie vir almal wat haar ontmoet; die toonbeeld van die liefde, passie en aanteeklike opregtheid. As ‘n direkteur van die projek Proud Partners (www.proudpartners.co.za) beywer Nianell en die span hulle om gekose liefdadigheidorganisasies om hul doelwitte te help bereik.
SKRYWER
Haar lewenslus en integriteit as vrou is die fokus van haar boek Om te weet wie ek is, wat ook in Engels gepubliseer is as Knowing who I am, en ook in Augustus vanjaar deur die uitgewer Hay House in die Verenigde Koninkryk, die VSA, Indië en Australië uitgereik sal word. Die boek sluit ‘n CD van sestien snitte in.
MOTIVERINGSPREKER
In ooreenstemming met haar boek, bied Nianell ‘n buitengewone motiveringspraatjie getiteld Weet wie ek is aan – gestempel met die gees van haar wysheid en die skoonheid van haar stem. In hierdie uurlange aanbieding ondersteun sy haar inspirerende boodskappe met van haar bekende liedjies soos Life’s Gift, I Hold The Sun, Who painted the moon? en Finally, wat die eerste prys in die 16e jaarlikse VSA-liedjieskryfkompetisie gewen vir die beste inspirerende liedjie.
Hoogtepunte
Haar musiek word op internasionale radio gespeel en sy spog met onder meer ‘n duet-optrede met ‘n legen-dariese tenoor en ‘n wêreldtele-visie-uitsending. Vier van haar albums het goue én platinumstatus bereik en haar vernuf as liedjie-skrywer en stemgimnas is met die gesogste musiekpryse vereer.
Sy het die kruin van sukses in die Suid-Afrikaanse musiekmark bereik en is sy gerat om nóg internasionale welslae te behaal. Nianell is ‘n vernuftige sakevrou en die trotse ma van ‘n drieling – haar mees kosbare prestasie(s)!
SKITTERSTER
Op die verhoog, is Nianell ‘n enigma. Haar besondere stem raak ‘n magtige instrument, waarmee sy haar repertoire skouspelagtig vertolk en haarself op klavier en akoestiese kitaar begelei. Haar innerlike wysheid, positiewe energie en spitsvondigheid laat ‘n onuitwisbare indruk op almal wat die voorreg het om haar te sien optree.Nianell is ‘n skitterende ster. Met haar liefde en lig omvou sy almal wat oor haar pad kom, terwyl sy al singende, skrywende en sprekende die wêreld verower – trots Suid-Afrikaans.
Die multi-talentvolle Nianell is die spieëlbeeld van liefde, omgee, motivering en inspirasie.
Nianell se 6e solo-album – met veertien oorspronklike nuutskeppinge – word in Mei 2012- uitgereik.
TOEKENNINGS
- 2004 Die album Angel Tongue wen twee SAMA-toekennings.
- Die beste Engelse Kontemporêre Album.
- Beste Liedjieskrywer vir We’ll find a way.
- 2009 Beste Sangeres: VONK-toenenning.
- In 2010 Beste Sangeres en Beste DVD, It takes two – met Dozi: VONK-toekenning.
- 2011 Wenner van die afdeling Beste Gospel/Inspirerende Lied vir Finally in die 16e VSA-liedjieskryfkompetisie.
- 2011 Afrikoonprys vir haar bydrae om Afrikaans te bevorder, deur die ATKV, Namibië.
- 2011 SAMA-benoem as Beste Vroulike Kunstenaar.
GLANSKONSERTE
- 2005 Unite the Stars by die Coca-Cola Dome in Johannes-burg op 9 November – saam met kunstenaars soos Christina Aguilera, Westlife en Diana Ross.
- 2010 ‘n Duet-optrede saam met die legendariese Italiaanse tenoor Andrea Bocelli by die Coca-Cola Dome, Johannesburg.
- 2011 Nianell het die verhoog gedeel met kunstenaars soos Shakira by die afsluiting van die eindronde van die FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi, wat wêreldwyd op televisie uitgesaai is.
KLANKBAAN
Nianell sing op die Jock van die Bosveld-flek wat in 2011 in Suid-Afrika uitgereik is. Tim Rice het die lirieke geskryf. Die ander kunstenaars hierop is Craig Hinds van Watershed, Johnny Clegg en Bryan Adams.INSPIRERENDE WOORDEDie boodskappe wat Nianell in haar motiverings-aanbiedinge deel, sluit onder meer dié inspirasie in:PEELING OFF THE LAYERS We are not what we have, what we achieve, how we look, think, feel or what we can create.
KNOWING WHO I AM We are what we all desire here on earth, which is love.
WE ALLREADY HAVE IT ALL We’ve already received everything we need, we just need to take hold of it, believe it and live it!
MAINTAINING THIS STATE OF BEING
Life’s gift to me is just to be. To enjoy life we need to surrender all fear, guilt and anger and believe that everything has already been done for us.
FINALLY All we have is now, chose to make it count!
INTERNASIONALE E R K E N N I N G
Billboard Discoveries gebruik frases soos “emosionele triomf” en “fynproe-wêreldklasvertolking” om Nianell se talent te beskryf en het só oor haar album Sand & Water berig: “The collection’s beautiful melodies and inspiring instrumentation are surpassed only by the vocalist’s angelic cum saucy execution. Simply, every song is an emotional triumph: affecting, inspiring and blissful.
No doubt, Nianell is a world-class performer, and “Sand & Water” is a consummate CD on all accounts. Connoisseurs of finely crafted pop melodies and a vocalist free of gimmicks—simply loaded with natural talent—are destined to discover their new favourite singer.” – Billboard Discoveries
Besoek gerus www.nianell.co.za
No comments:
Post a Comment