Van waar DJ Ossewa?
DJ Ossewa het sy ontstaan gehad op die plaas Ossewasrus sowat 7 jaar
gelede. Die DJ staan eintlik vir Daniel Jakobus, wat die musikaalste van
die klompie
afrikaners is, en met die naam en idee voorendag gekom het.
Die Ossewa spreek vanself, aangesien die groepie manne almal baie kultuur- vas is en dan nog op die plaas ook grootgeword het.
Die groep bestaan uit 4 lede. Daar is Daniel Jakobus, Piet Pompies ,
Jerbes die Leeuboer, en die nuwe toevoeging, Boetie Ossewa, wat in 2011
aangesluit het by die groep. DJ Ossewa was oorspronklik 4 lede, maar
moes ongelukkig afstand doen van hul broer en geliefste lid Raapie
Knaapie, wat is 2010 agv 'n motorongeluk, oorlede is, waarin die groep
betrokke was. Hy sal altyd onthou word as deel van die groep, en 'n
legende in die afrikaanse musiek bedryf. Daniel, Raapie en Piet bly
almal op Ossewasrus saam met Ouma Sanna Beskuit. Almal is Familie op die
plaas.
Raapie en Daniel is broers en Piet is hul nefie. Boetie, wat die nuwe
lid is, is Piet se ander nefie wat uit die Kalahari kom, en deesdae ook
op die plaas woon en help.
Soos almal weet, is dit nie n maklike lewe deesdae om n boer te wees
nie, en toe dit so n klompie jare gelede begin agteruit gaan met die
boerdery, agv omstandighede, het Ouma Beskuit besluit om die klompie
manne almal in een kraal te gooi, en hul na tante Koba toe gestuur vir
sang lesse. Al was hul nou nie uitstaande boere nie, agv hul swak sig,
kon hulle darem so nou en dan n noot hou, en ook n ordentelike partytjie
hou. Dis toe waar als gebeur het. Na maande se voorbereiding en hard
oefen het DJ OSsewa sy ontstaan gehad, en daarmee saam hul eerste
konsert. Dit het so vinnig gekom en gegaan , en voor hulle hul oë kon
uitvee was dit verby en het daar al hoe meer besprekings na hul kant toe
gekom van regoor die land, en self in die buite land. DJ Ossewa het n
wen resep gekry, lekker afrikaanse dans musiek met n komiese, lewendige
vertoning. Konsertina, trekklavier, kitaar, banjo, mondfluitjie, lekker
tradisioneel, met polsende ritmes en moderne afrikaanse klanke. Die
manne van DJ Ossewa moes bondstaan want almal wou saam op die wa klim en
die partytjie geniet.
Nie lank daarna nie, is hul eerste volwaardige album vrygestel met die
titel Boeresports en alhoewel dit nou nie superster status gekry het
nie, was dit die eerste groot tree in die afrikaanse musiek wereld vir
die klomp opskoppers.
Na sowat n jaar is hul tweede album Voor oppie wa bekendgestel, en die
cd het die volk behoorlik aan die gons gehad. Daar was skielik sprake
van n DVD, en oral het mense DJ Ossewa aangemoedig om hul mannewales op
kamera vas te lê. So gesê, so gedaan, en hul eerste DVD Heeltemal
LewenDig het sowat n 4 jaar gelede die winkelrakke, en die sitkamers met
n geweldige plofslag getref. Dieselfde DVD is ook genomineer vir n
toekenning in Afrikaanse musiek., en is 'n Platinum verkoper.
In 2007 het die manne van DJ OSsewa hul derde album die lig laat sien
Vannie os oppie jas, wat n dubbel album is en 35 liedjies bevat. Hul het
die album goed deurdink en daar is ietsie vir almal om aan te smul.
Daarna het DJ Ossewa hul plaas streke en verhale in musiek vasgevang
met die lawwe, maar uiters gewilde album, Innie lang gras (2009) wat ook
benoem is in 3 kategorieë vir 'n Rapport Vonk toekenning, asook 2
Kategorieë vir die Huisgenoot Tempo toekennings.
Hul 2de volwaardige DVD "Manne-wa-lus" het in 2009 verskyn en
blitsvinnig goue status bereik, nes die eerste dvd. Manne-wa-lus het ook
die Huisgenoot Tempo Toekenning gewen vir gewildste DVD van 2009, en is
genomineer vir 'n Rapport Vonk toekenning.
Ook het DJ Ossewa hul 6de album "Die Groot trek...tot nou" in 2009
vrygestel, wat hul gunsteling en gewildste liedjies bevat van die vorige
4 albums.
In 2010 het DJ Ossewa hul musikale talent nog beter vertoon met hul
huidige album, "Nuwe Cd". Die album is hartlik ontvang deur
ondersteuners reg oor die wereld, en verkoop steeds op die winkelrakke.
Dit is ook die laaste album waarop hul geliefde vriend Raapie Knaapie,
gesing het.
DJ Ossewa beskryf hul musiek as Progresiewe Alternatiewe Boere
Afrikaanse Opskop Dansmusiek, n heel nuwe genre in Afrikaanse musiek
vermaak.
"Ons is entertainers, wat daarop uit is om vir ons ondersteuners die
konsert van hulle lewe te gee. Ons wil hê dat die mense van al die
swaarkry, sorge, misdaad en als wat pla moet vergeet tydens die rukkie
wat hul saam met ons spandeer. Dis hoekom ons van komedie in ons
vertonings gebruik maak, saam met lekker afrikaanse dans musiek. n Mens
moet lag ook, dit hou jou jonk."
Vandag reis DJ Ossewa reg oor die wêreld en maak musiek vir almal wat
wil luister, en saam kuier. Oud en jonk spring op en af by vertonings,
skouer aan skouer. Pa en seun speel die musiek ewe hard in die motor, en
oupa het weer n spring in sy stap. Die groep doen tans tussen 120 en
150 vertonings per jaar en was al op verskeie TV programme as gaste, en
by n groot aantal feeste.
Maar DJ Ossewa bly nederig, en as hul nie op die pad is nie, is hul
hard aan die werk op Ouma Beskuit se plaas met hul daaglikse take.
DJ Ossewa is dalk nie multi miljoenêrs nie, ook nie Supersterre nie,
maar een ding is verseker..........Hul kan Rock in hul taal, en solank
daar mense is wat luister, sal die ossewa se wiele geolie bly.
Ossewa vir altyd!!
Besoek gerus www.djossewa.co.za
No comments:
Post a Comment