Willem Jacobus van der Merwe, oftewel Wicus, soos ons hom ken, het
op Clanwilliam grootgeword en woon deesdae op Malmesbury. Hy is die
ontslape bobaasstorieverteller en humoris Tolla van der Merwe se oudste
kind. Wicus het twee susters en ook ‘n broer. Wicus is getroud met René wat gebore is in Keetmanshoop en
grootgeword het in Vredendal. Ná skool is Wicus vloot toe vir ‘n jaar
vir sy diensplig en daarna Stellenbosch toe.
Wicus is verslaaf aan rook, maar probeer om elke dag op te hou. So
een dag in die jaar word hy vir 24 uur ‘n perfeksionis en dan moet alles
reg wees! Hy is snaaks, sonder dat hy dit besef, maar hy probeer nie
soos sy pa te wees nie. Hy was ‘n sportiewe kind op skool en het rugby en tennis gespeel,
geswem, in die koor gesing en toneel gespeel. Na skool wou hy eers
joernalis word en toe ‘n Engelse onderwyser. Toe gaan studeer hy vir ‘n
BA graad in Drama en Sielkunde aan die Universiteit van Stellebosch.
Wicus van der Merwe lewe in sonskyn. Sy lewenslied is immers Walking
On Sunshine van Christina and the Waves. Hy is ‘n gebore humoris, ‘n man
wat luimig leef en graag saam met vriende kuier. Hy vrek oor afval,
maar wys eiervrug en roerbraaikonkoksies van die hand.
Wicus is vir die musiekroem bestem, want hy sing vir almal - jonk en
oud. Die meisies loer en roer en die manne wikkel en woel instemmend
saam.
Besoek gerus www.wicusvandermerwe.co.za
No comments:
Post a Comment